EVANDER – Laerskool Hoëveld was die gasheerskool van die jaarlikse Afrikaanse spelkompetisie in die Gert Sibande-streek wat op 4 en 5 September gehou is.
Dié kompetisie word jaarliks in twee fases aangebied, naamlik leerders vir wie Afrikaans ‘n eerste addisionele taal is (FAL) en leerders wie se eerste taal Afrikaans is.
Volgens me. Brenda Mettler, vakadviseur in Afrikaans aan die Departement van Onderwys in Mpumalanga en organiseerder van die kompetisie, het leerders van gr. 4 tot gr. 7 deelgeneem.
Hulle het reeds in die begin van die jaar die spellyste vir hul graad ontvang om vir dié spelkompetisie voor te berei.
Dit word op skoolvlak gehou en die twee beste leerders is dan per graad gekies wat na die distrikspelkompetisie deurgedring het.
Die leerders vir wie Afrikaans ‘n tweede taal is, het die spelkompetisie skriftelik afgelê op 4 September.
In gr. 4 is Unaisah Gani van Highveld Muslim School die wenner. Happiness Kilonde van Oranjegloed Primary School is tweede en Naledi Chomane van Highveld Ridge Primary School is derde.

Nomawethu Mahlangu van Laerskool H.M. Swart het die gr. 5-afdeling gewen, gevolg deur Lina Hassen van die Highveld Muslim School in die tweede plek en Danielle Windvogel van Highveld Ridge Primary School in die derde plek.

Lerato Mabote van Sasolia Primary School is eerste onder die gr. 6-leerders. Kwando Mtshali van Highveld Ridge Primary School is tweede en Boitumelo Teeme van Sasolia Primary School is derde.

Ayabukwa Sibande van Sasolia Primary School is die gr. 7-wenner, met Gugulethu Sithole en Itumeleng Diaho, albei van Sasolia Primary School, in die tweede en derde plekke onderskeidelik.

Die deelnemers vir wie Afrikaans hul huisstaal is, het op 5 September ‘n mondelinge fase afgelê waartydens hulle die kans gekry het om die spelwoorde hardop te spel.
Die gr. 4-wenner is Ruben Meister van Laerskool Secunda. Zandré Theron van Kruinpark is tweede en Juané Kluyts van Laerskool Kruinpark is derde.

Carmen Rebolo van Laerskool Secunda het die gr. 5-afdeling gewen. Dezané van Heerden van Laerskool Kruinpark is tweede en Quintin Pieterse ook van Kruinpark is derde.

Die gr. 6-afdeling is gewen deur Stefan Meister van Laerskool Secunda gewen, gevolg deur Janco van Zyl van Laerskool Secunda in die tweede plek en Nicola Thomas van Laerskool Goedehoop in die derde plek.

Luhané van Benecke van Laerskool Kruinpark is die beste speller onder die gr. 7s. Anzel Niewenhuis van Kruinpark is tweede en Leandri Fourie van Laerskool Secunda is derde.




