Hoërskool Ermelo se dogterskoshuis vier 100 jaar
Die hoofdogter van 2019, Hanné Swart, het die volgende tydens haar bedanking gesê: “Nelstehuis, dankie dat ons die grootmenswêreld kop omhoog kan instap omdat jou invloed stewig in ons lê. Dankie vir die geduldige, sorgsame ma wat jy vir soveel harte vir 100 jaar was.”
Nelstehuis, die dogterskoshuis van Ermelo Hoërskool, se 100ste verjaarsdag is Vrydagaand, 14 September by Kralinberg op die Breyten-pad gevier.
Bykans 150 oud-Nelsies landwyd het die geleentheid bygewoon.
Die atmosfeer was feestelik en die gaste het vir ’n feesmaal aangesit.
Die oudste Nelsie-inwoner, mnr. Juba Grobler, het ook die geleentheid bygewoon. Hy was ’n inwoner van Nelstehuis vanaf 1950 tot 1951 toe dit nog ’n seunskoshuis was.
In sy toespraak het hy gesê dat dit baie spesiale dogters moes gewees het wat die seuns laat skuif het na Huis Veltman, die seunskoshuis van die EHS.
Coffee Snobs het vir die agtergrondmusiek gesorg.
Die hoofdogter van 2019, Hanné Swart, het die volgende tydens haar bedanking gesê: “Nelstehuis, dankie dat ons die grootmenswêreld kop omhoog kan instap omdat jou invloed stewig in ons lê. Dankie vir die geduldige, sorgsame ma wat jy vir soveel harte vir 100 jaar was.”
Die naweek is afgesluit met ’n ontbyt Saterdagoggend waartydens Nelsies weer deur die gebou kon stap en herinneringe kon opdiep.