Die K9-eenheid van die polisie tesame met Kasselman Veiligheidsdienste het op 19 September reageer op ’n klagte van twee mans wat vermoedelik onwettig met honde jag.
Die voorval het volgens inligting van die polisie, op ’n plaas op Standerton plaasgevind, waar twee mans met honde, glo jakkalse gejag het.
Onraad is vermoed en volgens die K9-beampte, het hy die plaaseienaar genader wat hom ingelig het dat hy wel toestemming aan die mans gegee het om jakkalse te jag, siende sy vee al tevore weens jakkalse in die slag gebly het.
Die honde het egter in die proses ’n haas platgetrek en dié is in hul besit gekry.
Die K9-lid het ’n waarskuwing aan hul uitgereik en hul ook oor die wetgewing daaraan verbonde ingelig.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser om jouself van die presiese wetgewing rondom jaghonde te vergewis.



