Local newsNews

NUUSFLITS – Standerton Buiteklub deur brand verwoes

In gerugte en hoorsê groei die stertjies oor wat die oorsaak kon wees, maar tot dusver is geen beslissende oorsaak bekendgemaak nie.

Paniek het vanoggend, 24 Oktober, verskeie gholfliefhebbers en mense wat oor die jare bande met die Standerton Buiteklub gesmee het, se binneste binnegedring.

Rookwolke het die blou uit die lug gesmoor en vlamme het die hemel opgeskiet toe die grootste gedeelte van die gebou, vroegoggend, in die  vlamme verswelg is.

In gerugte en hoorsê groei die stertjies oor wat die oorsaak kon wees, maar tot dusver is geen beslissende oorsaak bekendgemaak nie.

Die Standerton-gemeenskap het hul naam weer gestand gedoen en saamgetrek in ’n tyd wat dit bitter nodig was, om saam te staan.

Sien al die foto’s HIER

Verskeie rolspelers het water aangery en met brandbestryding gehelp, terwyl ander in rye by die deure, met items uitgehol het voordat die ‘vlamtentakels’ dit kon aanraak.

Mense dra items uit die brandende gebou.

Die voorportaal is soos iets uit ’n nagmerrie, met allerlei meubels en items wat in die slag gebly het.

Verskeie lede van die Lekwa Brandweerdienste het ook ingespring om skade tot ’n mate te probeer beperk.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button