
SECUNDA – Lede van die Hoëveldse Fotografieklub het onlangs vergader en hul beste foto’s ingeskryf.
Dr. Leon Pelser was weer eens die wenner in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling vir die maand met sy foto The Cleaner.
Hy het verlede maand ook van die afdelings gewen.
Mnr. Pierre Jordaan se foto, Vleisdief was die beste onder die senior fotograwe en mnr. Danie Smit se foto, Nutcracker, was die beste onder die junior fotograwe.
Die klub bied Saterdag, 27 Oktober, ’n werkswinkel in Photoshop aan.
Mnr. Martin Barber is die aanbieder van dié werkswinkel wat om 9vm begin en tot 4.30nm duur.
Dit vind by die Sasol Ontspanningsklub plaas en kos R450 per persoon wat middagete en tee of koffie insluit.
Om jou plek te bespreek, stuur ’n e-pos na jpjord@mweb.co.za.
Belangstellendes moet hul skootrekenaars of rekenaars saamneem met die Photoshop CS6 program gelaai, ’n pen en notaboek.
Die Hoëveldse Fotografieklub se volgende maandelikse byeenkoms vind Vrydag, 2 November plaas.
Vir meer inligting, skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.






