Daniel van der Merwe, Nicole Venter, Hanné Swart en Abigail Heinz besig met een van hul items wat tydens Ermelo Hoërskool se Kerssangdiens opgevoer is. (Foto verskaf)
Die jaarlikse Kerssangdiens van Ermelo Hoërskool het Maandag, 15 Oktober in die EHS-Ouditorium plaasgevind.
EHS het die ware betekenis van dié feestyd gekoester en buig in eerbied voor die Verlosser wat vir ons gestuur is.
Met ’n program wat gevul was met ’n besondere boodskap deur pastoor ZD Büchling, lofprysing en items soos toneelspel, koorsang, solo-sangitems en ’n pragtige stuk deur die Acapella-groep, “Oh yes, let’s” was die diens ’n geleentheid waar die Erries met hulle talente, die Here se Naam kon loof.
Die diens wat deur die Errieraad van 2019 gereël is, was die ideale geleentheid om die kwartaal se openinge te kon afsluit voor die eksamen begin.
Dané Thirion, Yané Broekman en Zara Büchling besig met hul toneelstuk wat tydens Ermelo Hoërskool se Kerssangdiens opgevoer is. (Foto verskaf)Daniel van der Merwe, Nicole Venter, Hanné Swart en Abigail Heinz besig met een van hul items wat tydens Ermelo Hoërskool se Kerssangdiens opgevoer is. (Foto verskaf)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!