Ondersteun behoeftige kinders en skenk skoolkouse
Koop ’n lint en bevorder kankerbewusmaking
SECUNDA – Die ATKV se nuutste projek is om hoofsaaklik skoolkouse vir behoeftige kinders in te samel.
Me. Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV se Kosmosrand-tak, het gesê dit is iets wat haar na aan die hart lê en sy wil graag vir al die kinders in die omgewing wat nie genoeg skoolkouse het nie, kouse uitdeel.
Dié projek, Kouse vir Kersfees, met die slagspreuk: Trippa, Trappe, Trone, Kouse vir my Tone, het verlede week afgeskop en verskeie inwoners het reeds kouse geskenk.
“Ons wil mense die geleentheid gee, terwyl hulle regmaak om ‘n kerskous vir hul geliefdes te vul, ook ‘n paar kouse aan die ATKV sal skenk,” het me. Van Wyk gesê.
“Help ons om minderbevoorregte kinders se menswaardigheid te herstel deur skoolkouse te skenk dié Kersfees.”
Belangstellendes kan ook meer as kouse gee wat aan die kinders uitgedeel sal word.
Die ATKV se projek vir kankerbewusmaking en om kankerpasiënte by te staan, is ook steeds aan die gang en belangstellendes kan strikke koop teen R20.
Vir meer inligting, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.



