Laerskool Kalie de Haas het op 18 Oktober ’n ‘Kalies gaan groen’-tema vir die Mnr. & Mej. Klitsies/Kalie de Haas 2018 geloods.
Leerlinge het R20 per inskrywing betaal en moes kreatief raak deur slegs uit herwinbare materiaal en rommel ’n kostuum te maak.
Hulle het behoorlik uitgehaal en gewys dat daar nie net borrelende gesiggies is nie, maar dat hul iets oulik van absoluut niks kon aanmekaar slaan.
Volgens die skool, het ouers die projek net so baie soos die leerlinge geniet.
Elke leerling moes ook op hul inskrywingsvorms twee vragies beantwoord oor hoe hul dink besoedeling beïnvloed die gemeenskap en hoe dit gestop kan word.
In die seniorafdeling is Jaco Booysen as Mnr. Senior Kalie de Haas aangewys, terwyl Dewald Gerlach die eerste prins was en Constant Do O’Faustino tweede prins en Mnr. Persoonlikheid was.
Lees die volledige berig in dieStanderton Advertiser.



