Leerders baat by Oosterland se TED-praatjie
Leerders gemotiveerd om hard te werk vir sukses
SECUNDA – Hoërskool Oosterland het onlangs ‘n TED-praatjie vir leerders sowel as sakelui aangebied by NTT Nissan op Secunda en sprekers wat mnre. Melvin Jones van Proconics, Jacques Basson van Klipkouers en Burn Shield van Rosslee & Sonland insluit, het die gehoor toegespreek.
Leerders het die geleentheid gehad om die sprekers vrae oor besigheid te vra en mnr. Jones het met leerders gepraat oor hoe om jou werknemers te motiveer en ook oor vertroue as ‘n baas en as ‘n diensverskaffer.
Hy het ook gepraat oor hoe om mense toegewyd en betrokke by hul werk te kry en om nie die senior personeel met werk te oorlaai nie.
Mnr. Basson het oor die nuutste neigings in bemarking gepraat en gesê dit is belangrik vir ondernemings om te belê in sakeverhoudings.




