Local newsNews
Baarde is bobaas by markdag op Trichardt
Ná 'n gefluit, paar skaamkry-oomblikke en 'n gevoel aan die baarde, is mnr. Werner Jooste as die wenner aangewys.
TICHARDT – TerraNova Village Mall het ‘n “skoonheidskompetisie” van ‘n ander (b)aard aangebied op Saterdag, 3 November.
Sowat sewe groot manne met selfs groter baarde het aan ‘n baardkompetisie wat deur Strydom Haarsalon aangebied is, deelgeneem.
Ná ‘n gefluit, paar skaamkry-oomblikke en ‘n gevoel aan die baarde, is mnr. Werner Jooste as die wenner aangewys.
Hy het ‘n naweek by DeStroom Gastehuis gewen. Mnr. Tiaan Meyer was tweede en mnr. Attie Lategan derde.
Hulle het ondermeer Buffelsfontein Brandewyn en Glenfiddich Whisky gewen.
Die baardkompetisie was een van verskeie gebeure by die TerraNova Village Mall se maandelikse vars-produktemark.






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



