Local newsNews

Riekie Wolmarans hou Standerton se naam hoog

Die meeste internasionale toernooie sal volgende jaar, in haar matriekjaar plaasvind, maar sy het reeds ’n plan bedink.

Om maklik meer as drie ure te konsentreer by ’n skaaktoernooi, net op te staan vir die badkamer, of om water te drink en met niemand te praat nie, vereis dissipline waarvoor Riekie Wolmarans by uitnemendheid geskik is.

Reg geraai, geen selfone mag afgaan nie.

As lid van die Suid-Afrikaanse Junior Skaakspan skuif sy gereeld agter die tafel in om die teenstander te klop.

Die Standerton Advertiser was nie naastenby opgewasse om ’n potjie skaak teen haar te wen nie en het die aftog, die aantal minute word nie genoem nie, geblaas.

Die gr. 11-leerling van Hoërskool Standerton is ook onlangs by die prysuitdelings as sportdogter van die jaar aangewys.

Haar skaakloopbaan het op sesjarige ouderdom begin nadat ’n arbeidsterapeut aanbeveel het dat sy iets moet kry waarmee sy haar besig kan hou.

Pa Zirk, wat skaak afrig by Laerskool Kalie de Haas, het haar die kunsies van die spel begin leer en nou verfyn sy dogter dit.

 

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button