Local newsNews

AfriForum loods #OnsDorp-veldtog wat poog om rioolpype oop te maak

“Ons hoop om Standerton se rioolpype binnekort weer in ’n werkende toestand te hê,” het mnr. Pieter Botha, AfriForum se Standerton-takvoorsitter, gesê.

AfriForum se Standerton-tak het in Oktober ondernemings gehelp om rioolpype, wat al vir meer as drie maande oorstroom, oop en skoon te maak.

Dié projek vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog en is in samewerking met Standerton se Selfdoen Forum gedoen, wat Clearwater Plumbing, Tractor Requisites Midas, TWK Toyota Standerton, Sahara Sand, ACMC Highveld en Lesedi Engineering insluit.

Die munisipale rioolpompe word nie herstel nie, wat veroorsaak dat Standerton se strate met riool oorstroom.

AfriForum se Standerton-tak en Standerton se Selfdoen Forum het ’n hoëdrukpomp gebruik om die rioolpype skoon te was en ’n sogenaamde “honey-sucker”-vragmotor ingespan om die mangate skoon te suig.

“Ons hoop om Standerton se rioolpype binnekort weer in ’n werkende toestand te hê,” het mnr. Pieter Botha, AfriForum se Standerton-takvoorsitter, gesê.

“Ek is trots op die Standerton-tak, Selfdoen Forum en die Standerton-gemeenskap wat saamstaan en ’n verskil op die dorp maak,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

Mense wat betrokke wil raak by die plaaslike AfriForum-tak, kan hul naam SMS na 45350 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button