Local newsNews

Standerton Buiteklub in puin gelê, maar bestuur hou goeie moed

Die klub word tans vanuit die krieketklub by die Piet van den Berg-Ovaal bestuur tot ’n forensiese ondersoek deur die polisie asook ’n onafhanklike versekeraar afgehandel is.

Die vaal blou lug is op 24 Oktober by die Standerton Buiteklub deur ’n sluier van digte swart rookwolke gehul met vlamme wat genadeloos van een gedeelte van die Standerton Buiteklub na die volgende gespring en groot gedeeltes bloot tot houtskool verbrand het.

Dis moeilik om dié visuele van die buiteklub wat so deur die brand in puin gelê is te vergeet, maar die klubbestuur is vasbeslote dat dié geskiedkundige gebeurtenis, nie die klub se voortbestaan sal belemmer nie.

Mnr. John Kock, Lekwa Brandweerdienste se stasiebevelvoerder, het op 26 Oktober aan die Standerton Advertiser gesê dat hul vermoed dat die brand weens ’n elektriese fout in die gebou, aan die oostelike rivierkant ontstaan het, maar dit kan nogsteeds nie bevestig word nie.

SIEN OOK: GALERY – Meer foto’s van brand by Standerton Buiteklub

Die klub word tans vanuit die krieketklub by die Piet van den Berg-Ovaal bestuur tot ’n forensiese ondersoek deur die polisie asook ’n onafhanklike versekeraar afgehandel is.

Die Standerton Advertiser het op 16 November met mnr. Louis Bibbey, Standerton Gholfklub se voorsitter, telefonies en per epos in verbinding getree om uit te vind wat die toekoms vir die klub inhou en hoe die brand hul daaglikse aktiwiteite beïnvloed.

Hy is tans met verlof en sodra sy kommentaar ontvang is, sal ’n opvolg-berig in die Standerton Advertiser verskyn.

LEES OOK: NUUSFLITS – Standerton Buiteklub deur brand verwoes

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button