NewsSchools

Hoërskool Ermelo se tennisbane is gereed vir 2019 seisoen

’n Deurnag tennisaand is vroeër vanjaar aangebied waartydens genoegsame gelde ingesamel is om die tennishuisie uit te verf en nuwe ligte op te sit.

Ermelo Hoërskool het met spanwerk en borge die tennisseisoen op ‘n hoë noot afgesluit.

Al vyf tennisbane is oorgedoen.

‘n Deurnag tennisaand is vroeër vanjaar aangebied waartydens geld ingesamel is om die tennishuisie te verf en nuwe ligte te installeer.

Die tennisleerders het baie om na uit te sien wanneer die skole in 2019 heropen.

Tennis is ‘n unieke sport waar leerders hulself moet uitdaag tot probleemoplossings en strategieë om hul teenstander uit te oorlê.

Dit bou karakter en deursettingsvermoë en leer die leerders waardevolle lesse.

Dit rig leerders op tot leiers en kweek die waardes waarvoor EHS staan.

EHS beskik tans oor uitstaande geriewe met twee professioneel gelisensieerde en geregisteerde afrigters wat uitsien om die skool se tennis na hoë hoogtes te neem.

EHS-tennis gaan in die komende jaar aan twee ekstra toernooie deelneem en hoop om in die nabye toekoms hul eie toernooi aan te bied.

Daar is ook ekstra wedstryde deur die loop van die jaar gereël.

EHS se tennisspan het almal wat gehelp het om dit moontlik te maak, bedank.

“Almal se bydraes en ondersteuning word opreg waardeer.”

Tennisspelers tydens die deurnag tennisaand wat aangebied is by Ermelo Hoërskool om geld in te samel om verbeterings aan die tennishuis aan te bring. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button