CrimeNews

Diewe breek suutjies in en steel R108 000 se goedere

Diewe het Sondagoggend, 9 Desember by ’n huis in Chris Hanistraat op Bethal ingebreek en die familie, asook die drie honde, was salig onbewus van hul teenwoordigheid.

Diewe het so suutjies Sondagoggend, 9 Desember by ’n huis in Chris Hanistraat op Bethal ingebreek en die familie, asook die drie honde, was salig onbewus van hul teenwoordigheid.

Mnr. Wayne van der Walt (fotograaf en redakteur van die Standerton Advertiser) en sy vrou het die naweek by sy skoonouers op Bethal gekuier nadat mnr. Van der Walt verlede Saterdag foto’s by mnr. Howard Botterill en sy vrou, Inneke, se troue op Ermelo geneem het.

Die Botterills was saam op skool en het mekaar twee jaar gelede op Facebook ‘raakgeloop’ en op 1 April verloof geraak.

Hulle het saam aan die troue beplan.

“Dit was ’n lekker buitelug-plaastroue,” aldus Inneke.

Sy is ’n voedseldiensbestuurder by die Universiteit van Pretoria en hy is werksaam in die kleinhandelbedryf.

Die spyskaart vir die onthaal was gourmet burgers en elke gas kon aan ’n eie burger bou.

Mnr. Van der Walt het die onbenydenswaardige taak gehad om Inneke die Sondag te bel met die nuus dat meeste van die troufoto’s daarmee heen is siende sy kameratoerusting en lense, selfoon, kontant uit sy vrou se handsak, sy skoonpa se twee skootrekenaars en allerlei ander items teen geskatte waarde van R108 000 gebuit is.

“Dit was die laagtepunt van my fotografieloopbaan om dié nuus aan die paartjie oor te dra,” het hy gesê.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button