Vanjaar het Hoërskool Ermelo se jeugskou vlam gevat en was sommer reeds met die eerste skou aan die brand.
Die eerste skou is Woensdag, 27 Februarie, deur Morgenzon Landbou Akademie aangebied.
Die Erries het met drie eerste plekke, een vierde, vyfde en sesde plek die dag suksesvol afgesluit.
Billy van der Walt het die senior wedvlugduif-afdeling gewen.
Kayla Lourens het die senior sierduif-afdeling gewen en Jana Nel het die senior suiwelbereiding-afdeling gewen.
Monique Ferreira het ‘n vierde plek in die konyn-afdeling behaal.
René Louwrens het ‘n vyfde plek in in die perde-afdeling ingeneem en Sumari Fouché het ‘n sesde plek in die perde-afdeling ontvang.
Die Errie-jeugskou het vanjaar met tien leerders gegroei en hulle sien uit daarna om na elke skou steeds te bly groei.




