NewsSchools

Hoërskool Oosterland op Secunda benodig borge vir nuwe projekte

Borge en ander geniet kuier-aand by skool

SECUNDA – Hoërskool Oosterland het op Woensdagaand, 6 Maart ‘n kuier-aand by die skool aangebied en met lede van die beheerliggaam, die media en borge gepraat oor die skool se nuutste projekte en beplanning vir die toekoms.

Me. Liné de Vries, skakelbeampte by Hoërskool Oosterland, het gesê die skool beplan om nog ‘n meerdoelsentrum, wat sal dien as ‘n oefenplek vir die orkes en ‘n tegniese sentrum, aan te bou.

Die sentrum sal ook gebruik kan word om sportlui te onthaal tydens byeenkomste en om ander geleenthede aan te bied.

Me. De Vries het gesê Oosterland is die enigste skool in die omgewing wat ‘n orkes het.

Dié orkes het al aan die SA-kampioenskap deelgeneem.

Verskeie instrumente en nuwe toerusting vir die orkes word wel benodig.

Die skool benodig ook ongeveer 25 000 bakstene, bousand, sement, dakplate, loodgieterwerk en elektriesewerk om die meerdoelsentrum te kan bou.

Hulle beplan ook om verbeteringswerk by die skool aan te bring deur die dakke te verf, palisades te herstel en op te rig, die netbalbane te verf en herstelwerk op die derde verdieping.

Belangstellendes wat Hoërskool Oosterland wil ondersteun, kan me. De Vries skakel by 082 786 0134.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button