CrimeNews

Bethal man verskyn in hof vir seksuele oortredings

Saak uitgestel na Dinsdag, 26 Maart

BETHAL – Die 35-jarige pa van twee seuns wat in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem is op aanklagtes van seksuele oortredings met verskeie meisies tussen 10 en 16 jaar oud, het onlangs weer in die streekhof op Secunda verskyn.

Sy saak is na Dinsdag, 26 Maart uitgestel.

Daar is tans vier sake teen diƩ pa.

Die misdrywe het na bewering op Bethal en Secunda, meestal by familiebyeenkomste, plaasgevind.

Iemand van die gemeenskap het glo agtergekom daar is fout met een van die meisies en het navraag gedoen waarna ‘n saak teen die man geopen is.

‘n Ma van een van die meisies word ook, omdat sy versuim het om ‘n saak oop te maak, aangekla.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/127989/bethal-egpaar-versyn-weer-binnekort-hof-vir-seksuele-aanranding-op-hul-vyf-kinders/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button