Local newsNews

Diego, die Duitse herdershond kry nuwe eienaar

Me. Marietjie Verwey, wat in Vrystraat bly, het die dier buite Quick Volt Electrical opgemerk en huis toe geneem vir die nodige aandag en versorging.

NOTA: Die oorspronklike artikel is verwyder nadat die Standerton Advertiser inligting van sekere lede van die gemeenskap ontvang het, wat ’n ander lig op die gebeure gewerp het.

Die Duitse herdershond, Diego, is vanaf 21 Maart tuis by sy nuwe eienaar, me. Charlotte Pretorius Meyer.

Me. Marietjie Verwey, wat in Vrystraat bly, het die dier buite Quick Volt Electrical opgemerk en huis toe geneem vir die nodige aandag en versorging.

Me. Verwey het ’n soektog geloods vir ’n eienaar nadat die oorspronlike eienaar, volgens haar, bevestig het dat sy nie die hond meer wou hê nie.

Sy het gebruikgemaak van sosiale media soos Facebook  en All Star Towing Services se WhatsApp-groep wat vrugte afgewerp het.

Die Standerton Advertiser het nie kontakbesonderhede van die oorspronklike eienaar nie, maar nooi graag die indivudu om ons kantore in Burgerstraat 13B te besoek om hul kant van die saak te stel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button