Local newsNews

Hoëveldstreek se VLU-vroue hou jaarlikse kongres op Eendracht

Vroue van VLU ryg pryse in

EENDRACHT – Die VLU Hoëveldstreek se streekkongres het onlangs op Eendracht plaasgevind en die beste VLU-vroue in die streek is vir hul harde werk beloon.

Me. Maryna Hartman van die Secunda VLU-tak het tweede geëindig in die borduurmasjienwerk-afdeling met ‘n teenet wat sy gemaak het. Sy het 84 persent verwerf.

Sy het verskeie ander plekke behaal, asook derde geëindig in die handbreiwerk-afdeling met ‘n badkamermat wat sy gemaak het. Hiervoor het sy 81 persent behaal.

Sy het ook tweede vir die VLU-vrou met die tweede meeste punte op ‘n konferensie, met 928 punte, geëindig.

Me. Hannie van Niekerk van die Kinross VLU-tak het tweede in die handbreiwerk-afdeling geëindig met haar badkamermat waarvoor sy 83 persent behaal het.

Sy het ook die prys vir die VLU Hoëveldstreek met die meeste punte op die Suid-Afrikaanse VLU-kongres gewen. Sy het 78 persent verwerf.

Me. Elaine Koch van die Secunda VLU-tak het die afdeling vir handbreiwerk gewen met ‘n onderbaadjie wat sy gemaak het. Sy het 85 persent verwerf.

Me. Launa Jansen van Vuuren van die Secunda VLU-tak het derde in die masjienafdeling geëindig met ‘n ondermat wat sy gemaak het en het 80 persent behaal.

Sy het derde in die gebakte-afdeling geëindig met haar piesangbrood.  Sy het 83 persent behaal.

Me. Ilse Cronjé van die Bethal VLU-tak het tweede in die sketsafdeling geëindig en het 84 persent behaal.

Me. Essie Fourie van die Bethal VLU-tak het derde in die gebottelde-afdeling geëindig met haar mikrogolf-appelkooskonfyt en het 79 persent behaal.

Me. Sonja Williams van die Bethal VLU-tak het die gebakte afdeling met haar piesangbrood gewen. Sy het 86 persent behaal.

Me. Maureen Coetzee, ook van Bethal VLU-tak het tweede geëindig en het 85 persent verwerf.

Die vroue van die Secunda VLU-tak wat die streekkongres bygewoon het is voor me. Launa Jansen van Vuuren en in die middel is me. Sophie Hugo, me. Mariana Bowker en me. Magda Schwab. Agter is me. Maryna Hartman, me. Lizel Myburgh, me. Elaine Koch, me. Dossie Klopper, me. Teresa de Wet, me. Lettie Visser en me. Elbie Wessels.

Me. Fiona Viljoen van die Kinross VLU-tak het met 79 persent tweede in die blomme-afdeling vir beginners geëindig. Me. Liezel Myburgh van Secunda VLU-tak het derde in dié afdeling geëindig en het 78 persent behaal.

Me. Christa Barnard van die Kinross VLU-tak het tweede in die middelbare blomme-afdeling geëindig met 80 persent en me. Annetjie Fourie van Bethal VLU-tak het derde geëindig met 79 persent.

Me. Essie Fourie van die Bethal VLU-tak het eerste in die gevorderde blomme-afdeling geëindig en 85 persent behaal, en sy het ook tweede in die afdeling vir die vrou met die meeste punte op ‘n VLU Mpumalanga-kongres met 162 punte geëindig.

Me. Teresa de Wet van die Secunda VLU-tak het tweede in die ope blomme-afdeling geëindig en 83 persent verwerf.

Me. Magda van Niekerk van Kinross VLU-tak het derde in die afdeling, die vrou met die meeste punte op ‘n VLU Mpumalanga-kongres, met 160 punte gekom.

Me. Susan van der Merwe, ook van Kinross, het tweede in die afdeling, die Hoëveldstreek met die meeste punte op die Suid-Afrikaanse VLU-kongres, geëindig en het 78 persent behaal.

Die VLU-takke wat presteer het, is die Secunda-tak wat die provinsiale-afdeling van die borduurwerk-afdeling gewen het en 293 punte behaal het. Hulle het tweede geëindig as die tak met die meeste punte op ‘n konferensie, met 3 528 punte.

Die Secunda-tak het derde in die handbreiwerk-streekafdeling geëindig en 164 punte behaal. Hulle was tweede in die hekelwerk provinsiale-afdeling met 74 punte, eerste in die hekelwerk-streekafdeling met 382 punte, eerste in die masjienwerk in die provinsiale- en streekafdelings en onderskeidelik 74 punte en 236 punte behaal. Die Secunda-tak het ook tweede in die borduurmasjienwerk provinsiale-afdeling met 158 punte geëindig.

Hulle loop ook weg met tweede plek in die preservering-streekafdeling waar hulle 296 punte behaal het. Hulle is ook tweede in die streekafdeling vir gebak met 374 punte, en derde vir die tak met die beste jaarprogram. Hiervoor het hulle 90 punte behaal. Bethal VLU-tak het derde geëindig in die provinsiale-sketsafdeling en het 159 punte behaal.

Dié tak het eerste in die preservering-streekafdeling geëindig en 305 punte behaal asook in die streekafdeling vir gebak en het 392 punte behaal.

Die Kinross-tak het die prys vir die beste jaarprogram gewen en het 98 punte behaal.

Die vroue van die Bethal VLU-tak wat die streekkongres bygewoon het is voor me. Annatjie Fourie, me. Maureen Coetzee en me. Miemie Roos. Agter is me. Sonja Williams, me. Essie Fourie, me. Lynette Postumus, me. Marietta Venter, me. Anette Greyvenstein en me. Ester Booysen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button