Local newsNews

Dawie Hepburn beskryf as ’n hardwerkende en toegewyde voormalige bestuurder van Hoëveld Pers sterf

Hy het sy loopbaan in die drukkersbedryf in 1945 as vakleerling by die Springs en Brakpan Advertiser begin.

Die voormalige bestuurder van die Hoëveld Pers, mnr. Dawie Hepburn, is op Donderdag, 14 Maart, slegs 15 dae na sy 90ste verjaarsdag in die versorgingseenheid van die Rustig-ouetehuis op Witrivier dood.

Hy het sy loopbaan in die drukkersbedryf in 1945 as vakleerling by die Springs en Brakpan Advertiser begin.

In die vroeë vyftigerjare is hy na die Hoëveld Pers op Ermelo verplaas.

Volgens mnr. Corrie Kleynhans, ‘n voormalige medewerker, het hy met harde werk en toewyding tot die bestuurderspos gevorder, ‘n pos wat hy tot en met sy aftrede in 1994 beklee het.

Mnr. Hepburn word deur sy vrou, me. Carol Hepburn, ‘n seun, twee dogters asook klein- en agterkleinkinders oorleef.

Related Articles

 
Back to top button