AfriForum Jeug op Standerton knap Voetsporemonument op
Die tak het in 2016 besluit om dié projek aan te pak en dit met gereelde instandhouding in ’n langtermynprojek te omskep.
AfriForum Jeug se Standerton-tak het op Woensdag 20 Maart die Voetsporemonument, sowat 25km buite Standerton op die Morgenzon-pad skoongemaak en die gras gesny.
Die tak het in 2016 besluit om dié projek aan te pak en dit met gereelde instandhouding in ’n langtermynprojek te omskep.
Daar was aanvanklik vier fases: fase een het op die skoonmaak daarvan gefokus; fase twee op die herstel van die draadheining om die monument; fase drie op die verf van die monument; en fase vier die oprig van ’n bord by en die aanlê van ’n paadjie na die monument.
Die jeug hou die Voetsporemonument in stand en hoop dat vandag se jeug dit aan hul kinders sal oordra.
“AfriForum Jeug se Standerton-tak raai die gemeenskap aan om die monument te besoek en dié erfenis aan die jeug oor te dra,” het me. Michelle Pretorius, AfriForum Jeug-voorsitter op Standerton, gesê.



