Local newsNews
Ouers van Downsindroomkind skep bewusmaking op wêreld Downsindroom Bewusmakingsdag
Restaurante ondersteun goeie doel
SECUNDA – Shaun Naudé (2), se ouers, mnr. Jacques en me. Chantal Naudé, het op Donderdag, 21 Maart, wêreld Down-sindroom bewusmakingsdag gevier.
Shaun is ‘n Down-sindroom kindjie en sy ouers neem graag deel aan bewusmakingsveldtogte. Hulle is ook deel van verskeie ondersteuningsgroepe.
Die personeel van Oregon Spur in Secunda Mall asook ander restaurante, het ook dié dag ondersteun deur verskillende kleure kouse aan te trek.
Me. Naudé het gesê die rede hoekom hulle verskillende kouse aantrek, is omdat chromosome onder ‘n mikroskoop soos drie verskillende kleure kouse lyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



