Local newsNews

AfriForum Buurtwag sny lang gras om misdaad in Secunda te bekamp

Mnr. Jan du Plessis, voorsitter van die AfriForum se Teks-tak, het gesê die opruimingsaksie was nodig om misdaad hok te slaan.

SECUNDA – AfriForum se Buurtwaglede het hul Menseregtedag op 21 Maart gebruik om die groenstrook langs Lombardstraat in Secunda skoon te maak.

Mnr. Jan du Plessis, voorsitter van die AfriForum se Teks-tak, het gesê die opruimingsaksie was nodig om misdaad hok te slaan.

“Die misdaadsyfer in hierdie omgewing is baie hoog,” het hy verduidelik. Die werksgroep het reeds om 8.30vm ingespring en tot omstreeks 3.30nm geswoeg om die gras te sny en die rommel in die groenstrook te verwyder.

“Die gemeenskap het ons ook bederf met koeldrank en toebroodjies,” het mnr. Du Plessis dankbaar gesê.

Mnr. Paulus Victor het die span met sy trekker en grassnyer gehelp en almal het ook met randsnyers, kettingsae en ander tuingereedskap ingespring.

Die groenstrook tussen Lombard- en Delagoastraat se gras is nou kort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button