Local newsNews

Feestelikhede by 10de Boer en Brit-dag op Val

Sowat 120 van die besoekers wat per trein  vir die 10de Boer en Brit-dag op 30 Maart op Val opgedaag het, en versigtig moes afklim omdat die trein nie op die perron gestop het nie, se koppie boeretroos het die fees amptelik ingelui. Me. Rita Britz, aangetrek in ’n wit Voortrekkerrok, het ’n wakende oog oor …

Sowat 120 van die besoekers wat per trein  vir die 10de Boer en Brit-dag op 30 Maart op Val opgedaag het, en versigtig moes afklim omdat die trein nie op die perron gestop het nie, se koppie boeretroos het die fees amptelik ingelui.

Me. Rita Britz, aangetrek in ’n wit Voortrekkerrok, het ’n wakende oog oor bedrywighede gehou.

Die meesleurende klank van doedelsakke met Flowers of the Forest in die hoofstraat het die optog van Kakies en Boere voorafgegaan.

Die orkes het byval gevind toe saamgesing is met Sarie Marais hoewel nie almal die woorde tot by die derde versie geken het nie.

Die fees is ’n herdenking van die ‘Slag van die Dop’ tydens die Anglo-Boere-oorlog met Boer en Brit wat in 1902 gekuier het om die beskikbare drank op die trein.

Lees die volledige artikel in die koerant.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button