Local newsNews

Phatboys op Ermelo sluit na ses jaar hulle deure

Ermeloërs het aande om by die kuierplek gekuier en sommiges noem dit die plek waar vriende, familie geword het.

Die egpaar, mnr. Frans en me. Liza Breytenbach het die bekende kuierplek op Ermelo, Phatboys, se deure op Saterdagaand, 30 Maart vir die laaste keer gesluit.

Hulle het die deure op 1 November 2012 geopen en die klein begin het vinnig verander in ’n gunsteling bymekaarkom plek vir vriende, met ’n potspel klub wat in die potspelliga floreer het.

Soos die nuus op sosial media gebreek het, het boodskappe ingestroom wat getuig van die leemte wat die egpaar in menigde se lewens gaan laat.

Ermeloërs het aande om by die kuierplek gekuier en sommiges noem dit die plek waar vriende, familie geword het.

Maak seker om die volledige onderhoud in die volgende Hoëvelder te lees en deel ook met ons jou gunsteling herinnering.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button