Local newsNews

GPF loods skoonmaak-projek op Trichardt

Sigbaarheid vir motoriste by Greystraat is nou beter

TRICHARDT – Die gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) op Trichardt het op Woensdag, 3 April ingespring en die hoek by Greystraat en die pad tussen Trichardt en Secunda skoongemaak.

AfriForum, die gemeenskap en Secunda 911 Assist het hande geneem met die GPF en gehelp.

Mnr. Clarke van der Walt, voorsitter van die GPF, het gesê hulle het besluit om dié projek te doen spesifiek om die sigbaarheid by die Greystraat-ingang te verbeter.

Hulle het die lang gras gesny en ook rommel wat by dié ingang en in die veld gestrooi is, opgetel.

Die skoonmaakspan het bestaan uit (voor) mnre. Alison Akipo en Smittie Smit. Agter is mnre. Hendrik Slabbert, Martin Olivier, Clarke van der Walt, Bongani Shabangu, Johan (Boerseun) Moolman, Nicholas Simelane en me. Alicia Moolman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button