Local newsNews
AfriForum wil Bethal skoon hou – skenk asblikke
Ondernemings kan asblikke borg en help om dorp skoon te hou
BETHAL – AfriForum se tak op Bethal het onlangs asblikke in verskeie strate op die dorp aangebring.
Volgens mnr. Hennie Bekker, distrikskoördineerder van AfriForum in Mpumalanga, is die langtermyn doelwit van dié asblikke om die dorp skoon te hou.
AfriForum Bethal het verlede jaar 16 asblikke op Bethal aangebring en vanjaar reeds 14.
Dié asblikke word spesiaal gemaak sodat dit nie omgegooi kan word nie.
Ondernemings kan ‘n bedrag betaal om dit aan te bring en sal nadat dit aangebring is, ‘n maandelikse bedrag betaal om dit skoon te hou en hul advertensies op die asblikke aan te bring. Skakel mnr. Eugene Hartman by 084 513 6587.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



