Local newsNews

Talman Drakensberger-stoetery streef daarna om die omgewing bewus te maak van die waarde van die Dragensberger-ras

Volwasse Drakenberger-bulle in die Hoëveldstreek weeg gewoonlik tussen 850kg en 1 000kg, terwyl volwasse koeie gewoonlik sowat 450kg tot 600kg weeg.

Mnr. Petrus Taljaard van Talman Drakensberger-stoet beskou die beeste as ’n “all-rounder”-beesras, wat van speenkalwers tot groot osse bemark kan word, wat een van die beste moederlyne toon en ook geteel word vir die goeie vleisgehalte.

Mnr. Taljaard boer meestal op die veld maar verskaf ook byvoeding aan sy beeste, wat fosfaat bevat en beskou alles wat daarmee gepaardgaan as ’n bonus.

Dit is volgens hom een van die belangrikste makro-minerale wat die beeste benodig.

Hy het vertel dat die beste beesras om mee te boer, die een is waarvan jy hou, omdat beeste ’n dankbare dier is sal hy vir jou sorg, as jy vir hom sorg

Hoewel mnr. Taljaard elke aspek van die boerdery geniet, kyk hy nie verby die politieke-swaarde wat oor die boere se koppe hang nie.

“As die Here vir ons is, wie kan dan teen ons wees,” het hy gesê.

Lees meer oor die Drakensberger-ras en mnr. Taljaard se raad aan ander boer in die volgende uitgawe van die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button