Local newsNews

Kinross VLU-tak skep bewusmaking van orgaanskenking en leer meer oor Alzheimersiekte en demensie

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 9 Mei by te woon

KINROSS – Me. Thea Potgieter het Donderdag, 11 April, lede van die Kinross VLU-tak meer oor Alzheimersiekte en demensie vertel en wat die verskille tussen dié twee siektes is.

Me. Potgieter het gesê Alzheimers is eintlik ‘n onder-afdeling van demensie.

“Met demensie is dit die brein wat agteruit gaan en vernietig word, soveel so dat die persoon later nie meer kan kommunikeer, eet of self toilet toe gaan nie,” het me. Potgieter gesê.

“Met Alzheimers kan pasiënte nog self eet en water drink, ensovoorts, maar hulle vergeet baie dinge en kan naderhand nie meer hulle eie geliefdes herken nie.”

Mense wat aan demensie ly, kan ook aggressief raak en is naderhand heeltemal bedlêend en het voltydse versorging nodig.

Die VLU se projek vir die jaar is om mense bewus te maak van orgaanskenking.

Me. Erith Hall van die Kinross VLU-tak het eendjies gemaak wat die VLU-lede by verskeie plekke gaan versprei. Die idee is dat as mense die geel eendjies sien, hulle dit met orgaanskenking sal assosieer.

Die VLU gaan ook plakkate by dokters se spreekkamers, apteke en hospitale aanbring om mense meer bewus te maak van orgaanskenking en die belangrikheid daarvan.

Kinross VLU-tak se volgende vergadering is op Donderdag, 9 Mei om 9.30vm op Secunda.

Vir meer inligting, skakel me. Hannie van Niekerk by 072 834 1554.

Lede van die Kinross VLU-tak wat hangeroortreksels gehekel het en bewusmaking van orgaanskenking doen, is (voor) me. Erith Hall, me. Rita Tesner, me. Sophie Hugo (Secunda VLU-tak) en me. Fiona Viljoen. Agter is me. Magda van Niekerk, me. Thea Potgieter en me. Hannie van Niekerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button