Maximed Apteek het skoolbaadjies vir die leerlingraad van Laerskool Kalie de Haas geborg wat op Vrydag 5 April oorhandig is. Agter is me. S. Stemmet, mnr. Riaan Gerlach, mnr. Ferdie Weyers (Maximed) en mnr. Sakkie Boshoff (skoolhoof): Voor is Bonita van der Westhuizen, Jasmyn Archer, Moeketsi Rampela en Dewald Gerlach. Foto: Verskaf
Die leerlingraad van Laerskool Kalie de Haas is die trotse ontvangers van groen baadjies wat deur Maximed Apteek op die dorp geborg is.
Die laerskool het mnr. Ferdie Weyers genader in verband met ’n borgskap.
Mnr. Weyers is nou betrokke by skolesport en het ook in die verlede naamborde by 15 skole in Sakhile laat oprig.
Kalies het hom vir sy borgskap bedank.
Maximed Apteek het skoolbaadjies vir die leerlingraad van Laerskool Kalie de Haas geborg wat op Vrydag 5 April oorhandig is. Agter is me. S. Stemmet, mnr. Riaan Gerlach, mnr. Ferdie Weyers (Maximed) en mnr. Sakkie Boshoff (skoolhoof): Voor is Bonita van der Westhuizen, Jasmyn Archer, Moeketsi Rampela en Dewald Gerlach. Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!