Local newsNewsUpdate
OPVOLG – Ondersoekspan kyk in diepte na hondevoorval op Ermelo
Mnr. Vince Harris, senior spesialis ondersoekbeampte en sy span het Ermelo op Woensdag 24 April besoek om al die betrokke partye van die voorval te ontmoet.
Na die onlangse en grusame dood van mnr. Ruan van Staden het sy ma, me. Petro van Staden, mnr. Mike Bolhuis van die Spesialis Ondersoekspan vir Ernstige Geweld en Ernstige Ekonomiese Misdade, genader om verdere ondersoek in te stel.
Mnr. Harris, het aan die Hoëvelder gesê dat hul op die stadium geen onraad vermoed nie.
Hy het bevestig dat mnr. Van Staden die dag van sy dood alleen by die huis was en dat die reun hom al tydens vorige voorvalle uitgedaag het, maar dat mnr. Van Staden die hond in dié tyd kon beheer.
Oor die bewerings dat daar nie na nie honde omgesien was nie, het mnr. Harris genoem dat die diere in ‘n goeie kondisie was ten tye van die aanval en beslis nie verwaarloos was nie.
Maak seker om vandeesweek se Hoëvelder te lees waar die Hoëvelder in diepte terugvoer van die ondersoek gee en met me. Petro van Staden gesels.
Lees die oorspronklike berig HIER
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



