Egpaar benodig gemeenskap se hulp met sopkombuis-projek
Gemeenskap kan sopbestandele, klere, komberse of donasies gee
BETHAL – Mnr. Hennie en me. Michelle Rademeyer bied vanjaar vir die sesde keer hul sopkombuis-projek aan.
Die doel van dié projek is om minderbevoorregte mense en bejaardes te help om warm klere en komberse vir die winter te hê, asook sop.
“Ons beoog om weer weekliks of twee-weekliks sop en bestanddele aan die mense te verskaf,” het me. Rademeyer gesê.
Sy het mense genooi om haar te skakel as hulle hul name op die lys wil hê of van iemand weet wat behoeftig is.
“Ons benodig weer die hulp van die gemeenskap in die vorm van komberse, klere en veral sopbestanddele soos boontjies, lensies, groente, pasta, vleis, soppoeier en brood of donasies.”
Vir meer inligting, skakel me. Rademeyer by 060 491 7038 of 076 531 3587.



