NewsSchools

Morgenzon-leerders presteer by jeugskou

In die Melkbeeste Junior Skouman het Pierre van der Merwe eerste geëindig, gevolg deur Ruan Lombard en Vicky van der Westhuizen.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) het onlangs aan Balfour se jaarlikse Jeugskou deelgeneem en goeie uitslae behaal.

In die Melkbeeste Junior Skouman het Pierre van der Merwe eerste geëindig, gevolg deur Ruan Lombard en Vicky van der Westhuizen.

In die Vleisbeeste Senior Skouman het Jan-Hendrik Zwarts die eerste plek behaal, terwyl Gerty Mostert tweede was Kevin Jooste het in die Vleisbeeste Junior Skouman die tweede plek behaal en Solitha Kruger was onoorwonne in die Perde Senior Skouman.

In die Perde Junior Skouman was Kaylen Mostert eerste en in die Wolskape Senior Skouman het Danie Swart en Jana Swart onderskeidelik in die eerste en derde plek geëindig.

Hannah Kashula en Martoinette Rautenbach het in Wolskape Junior Skouman eerste en tweede plekke behaal.

In die Vleisbok Senior Skouman was Pierru Kruger eerste en in die Vleisbok Junior Skouman was Henru Lombard eerste.

In Suiwelbereiding Junior Skouman was Du Toit Landman eerste, gevolg deur LJ Nel en Willem Landman.

Kulinêre Kunste se Junior Skouman is Klara-Mari Botha, gevolg deur Marlouise J v Rensburg en Denise Swart.

Pierru Kruger voer sy bok. (Foto verskaf)
Marizel Bester by die skou. (Foto verskaf)
Barend Nel kyk na die koei se hoef. (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button