NewsSchools

Twee B-netbalspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie dring deur na MPU Kampioenskappe

Beide die 0/16B- en tweedespan dring deur na die Mpumalanga Kampioenskappe wat op 25 Mei in Witbank sal plaasvind.

Die B-netbalspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 4 Mei, aan die Gert Sibande uitspele deelgeneem wat by Hoërskool Ermelo plaasgevind het.

Die liggies se uitslae is soos volg:

0/14B het 2-9 teen Piet Retief verloor, waarna hulle uitgespeel het vir posisie drie en vier.  Hulle het 9-11 teen Secunda verloor en algeheel vierde in Gert Sibande geëindig.

Die 0/16B-span het 9-5 teen Piet Retief gewen en uitgespeel vir posisie 1 en 2.  Hulle het 5-9 teen Secunda verloor en het die tweede plek in Gert Sibande ingeneem.

Die tweedespan het 17-8 teen EHS gewen en uitgespeel vir posisie een en twee.  In die eindronde het hulle 6-18 teen Secunda verloor en tweede in Gert Sibande geëindig.

Beide die 0/16B- en tweedespan dring deur na die Mpumalanga Kampioenskappe wat op 25 Mei in Witbank sal plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button