Ligbron Akademie vir Tegnologie se senior redenaars het onlangs aan die jaarlikse interne redenaarskompetisie deelgeneem.
Die kompetisie was straf en die leerlinge het gewys dat hulle die gehoor kan oortuig oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe.
Simone Stapelberg het nadat sy almal oortuig het dat aanlyn-speletjies goed kan wees vir jou, met die trofee weggestap.
Daniel Korff het gereken dat grootmense nie altyd so slim is soos wat hulle lyk nie, en het daarmee die tweede plek verower.
Lelani Davel het met haar argument dat mense toegelaat moet word om eksotiese diere as troeteldiere aan te hou, die derde plek ingeneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



