Drie hokkiespanne van Hoërskool Ermelo het op 14 Mei teen Secunda gespeel.
Die tweedespan het vanjaar net vriendskaplike wedstryde gespeel, met die doel om die span se jong spelers te ontwikkel vir die toekoms.
Hulle het teen Secunda met ’n telling van 7-0 verloor.
Die Hoërskool Ermelo Impac Crop Sure eerstespan seunshokkie het ongelooflik ontwikkel deur die seisoen en hul laaste ligawedstryd het daarvan getuig.
Alhoewel EHS die wedstryd 1-0 verloor het, het die seuns die skool se naam hoog gehou.
Die Hoërskool Ermelo Calstar eerstespan dogtershokkie het gelykop met een doel elk gespeel.
Clariz Olivier skiet die doel vir die span.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



