Die wintersportspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het onderskeidelik op 22 en 23 Mei, teen Hoërskool Secunda in Secunda gespeel.
Beide skole het goeie spel opgelewer met tellings wat of gelykop, of baie naelskraap geëindig het.
Die rugbyspanne se uitslae is soos volg:
Die Calstar Group Eerstespan het hulle wedstryd met ’n skrapse 23-22 gewen, die tweedespan wen 19-12, die Computer Connection 0/16A-span wen 29-19, die Nashua Highveld 0/15A-span verloor 17-20, 0/14A-span wen 31-20 en die 0/14B-span wen 33-22.
Die hokkiespanne het die volgende uitslae behaal: die eerstespan het gelykop 2 doele elk gespeel, die tweedespan wen 1-0, 0/16-span verloor 1-2, 0/15-span speel gelykop met een doel elk en die 0/14-span verloor 1-3.
Ligbron se rugby- en hokkiespanne sal op Saterdag, 1 Junie, in Piet Retief teen Hoërskool Piet Retief te staan kom vir die laaste liga wedstryde voordat die uitspeel wedstryde sal begin.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



