CrimeNews

Veediefstaleenheid vind skaapkarkaase in voertuie

Volgens kol. Odendaal, het die eenheid inligting ontvang, wat daarna opgevolg is en tot die inhegtenisneming van vier verdagtes gelei het.

Kol. Drikus Odendaal van Vrede Polisie se veediefstaleenheid het op Dinsdag 11 Junie beslag gelê op skaapkarkasse wat in twee voertuie gevind is.

Volgens kol. Odendaal, het die eenheid inligting ontvang, wat daarna opgevolg is en tot die inhegtenisneming van vier verdagtes gelei het.

Vrede Polisie het die saak daarna aan die Standerton Polisie oorhandig.

Mnre. Moses Morajane, Doctor Moloi, Lefu Mohlape en Joseph Mokoena het op Woensdag 12 Junie in die Standerton Landdroshof verskyn op aanklagte van besit van vermoedelik gesteelde vee.

Die eienaar van die vee is nog nie opgespoor nie.

“Ek versoek boere op veral Cornelia en in die Robertsdrift-omgewing om hul skape na te gaan,” het kol. Odendaal gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button