’n Inwoner van Standerton, mnr. Hans van der Merwe, het op Dinsdag 11 Junie sowat 8km buite die dorp op die Volksrust-pad die petalje aanskou waar ’n vragmotor, wat bierbottels vervoer het, sy vrag verloor het.
’n Groep omstanders het die geleentheid benut om hulself te help.
Mnr. Van der Merwe het Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) in kennis gestel.
Sowel die Standerton Polisie as die verkeersdepartement was op die toneel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



