NewsSchools

Erries begin redenaars met vuur en vlam

Tydens die jaarlikse interne-redenaarskompetisie het die leerders voorwaar hul blink gevryfde talent na vore gebring.

Leerlinge van Hoërskool Ermelo het op Woensdag 10 April aan die babbel geraak in die hoogs afgewagte jaarlikse interne-redenaarskompetisie.

Tydens dié geleentheid het die leerders voorwaar hul blink gevryfde talent na vore gebring.

In die juniors se voorbereide-afdeling, is Mienke Cloete aangewys as wenner en Zané du Plessis in die juniors se onvoorbereide-afdeling.

In die senior voorbereide-afdeling, het Amy Greyling ’n eersteplek losgepraat, en Charis Brundyn in die seniors se onvoorbereide-afdeling het ook baie gehad om te sê nadat sy in dié afdeling koning gekraai het.

EHS se addisionele taalleerders het uitstekend presteer met Aalia Deedat in die eerste plek.

Charis Brundyn, Leandri Viviers, Zara Büchling, Amy Greyling, Francois du Plessis, Elizia van Heerden, Mienke Cloete, Zané du Plessis, Dirk Maritz, Johnke Prinsloo, Danielle Kocaj, Carla Ferreira, Aalia Deedat en Karabo Nkosi is deur na die eerste ronde van die ATKV-redenaars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button