Secunda GPF bied inligtingsessie aan
Mnr. Marnus Kamfer, AfriForum se regs- en risikobestuurder het onlangs Secunda besoek en vrae rondom die regsaspekte van die gemeenskap se veiligheid beantwoord. Die doel van die GPF is om samewerking, kommunikasie, deursigtigheid, dienslewering en verantwoordbaarheid te bevorder. Die GPF is nie die enigste kanaal of forum vir skakeling nie, en doen ook nie polisiewerk nie.
SECUNDA – Mnr. Marnus Kamfer, AfriForum se regs- en risikobestuurder, het onlangs Secunda besoek en vrae rondom die regsaspekte van die gemeenskap se veiligheid beantwoord.
Die doel van die sessie was om hoof-saaklik gemeenskapspolisiëringsforumlede (GPF) en buurtwaglede oor hul regte in te lig.
‘n Insiggewende aanbieding het duidelikheid oor onder meer selfverdediging, inhegtenisname en oortreders op jou perseel, gegee.
Lt. kol. Herold Mashile, Secunda Polisie Stasie se bevelvoerder, het ook dié geleentheid bygewoon.
Mnr. Kamfer het daarop gewys dat geen polisielid mag weier om ‘n saak te open of ‘n verklaring te neem nie.
As dit gebeur, kan die stasiebevelvoerder gespreek word.
Die polisielid se naam, van, rang en nommer moet aangeteken word.
Volgens mnr. Kamfer sal die stasiebelvoerder meeste van die tyd die lid aanraai om ‘n saak te open.
‘n Regsplig bestaan op lede van die polisie om op te tree.
“As dit sou gebeur dat jy deursoek moet word, onthou dat ‘n vrou slegs ‘n vrou mag deursoek.
Die doel van die GPF is om samewerking, kommunikasie, deursigtigheid, dienslewering en verantwoordbaarheid te bevorder.
Die GPF is nie die enigste kanaal of forum vir skakeling nie en doen ook nie polisiewerk nie.
“‘n Maklike manier om vas te stel of jy binne die wet optree is om die verskil tussen noodweer en noodtoestand te verstaan.”
Noodweer
• Persoon homself, ‘n ander of ‘n regsbelang verdedig teen ‘n aanval wat reeds begin het, onmiddelik dreigend is en wat voortdurend is.
• Aanval moet wederregtelik wees.
• Op voorwaarde dat die afweerhandeling noodsaaklik is om die bedreigde belang te beskerm.
• Dit gerig is teen die aanvaller, dit is redelik en proporsioneel billik tot die aanval is en nodig is om die aanval te stop.
Noodtoestand
• ‘n Persoon tree in noodtoestand op, en handel dus regmatig as hy homself of ‘n erkende regsbelang teen onmiddelike dreigende gevaar beskerm.
• Nou verwant aan noodweer.
• Belangrike verskil.
Die polisie mag enige manlike inwoner van die RSA tussen die ouderdom van 16 en 60 aansê om te help met die arrestasie en aanhouding van ‘n verdagte.
Indien daardie persoon sonder goeie rede sou weier om te help, is hy skuldig aan strafbare oortreding.
Vir meer inligting besoek AfriForum se webtuiste.



