CrimeNews

Meer as 30 veediefstal sake aangemeld in Bethal

’n Petisie, spesifiek om veeboere by te staan opgetrek. Dié petisie sal by die hof ingedien word om te verseker dat kriminele wat by veediefstal betrokke is, nie borg kry nie. Hulle wil ook vir ’n langer vonnis baklei.

BETHAL – ‘n Veedief wat vermoedelik by verskeie veediefstalle betrokke was, is uiteindelik op 26 Junie omstreeks 8vm, vasgetrek.

Verskerpde patrollie en Bethal en Kriel Polisie se vinnig optrede het vir die inhegtenisname van dié persoon gesorg.

Bethal Landelike Veiligheid het sedert 2.30vm die gebied gepatroleer.

Die beweerde dief het op die Witbank-pad met ‘n bakkie gery, waarna die Kriel Polisie hom afgetrek het.

Karkasse van twee beeste ter waarde an sowat R20 000 is agter op dié bakkie gevind.

Dieselfde boer wie se karkasse dit was, het die afgelope paar weke reeds ses beeste verloor.

Veeboere in Bethal en omgewing word die afgelope maand deur veediefstal geteister.

Gedurende Junie is meer as 30 sake aangemeld.

Beeste se hakke word gekap, dan word die bees aan ‘n paal in die veld vasgemaak en lewendig met ‘n panga opgekap.

Bethal Landelike Veiligheid, in samewerking met Bethal gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het ‘n petisie, spesifiek om veeboere by te staan, opgetrek.

Dié petisie sal by die hof ingedien word om te verseker dat kriminele wat by veediefstal betrokke is, nie borg kry nie. Hulle wil ook vir ‘n langer vonnis baklei.

Landelike Veiligheid het inwoners gevra om verdagte optrede aan te meld.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button