Local newsNews

Zeldi van Zyl verskyn op televisie

Laerskool Trichardt-leerder leer by Izak Davel van toneelspeel

TRICHARDT – Zeldi van Zyl (12), ’n gr.6-leerder van Laerskool Trichardt, het onlangs haar eerste verskyning op televisie gemaak.

Sy is al die afgelope 15 maande deel van ’n dramagroep wat deur die Suid-Afrikaanse akteur, Izak Davel gestig is.

Davel het dramagroepe op verskeie dorpe wat Secunda insluit, gestig.

Zeldi het verlede jaar vir ’n oudisie gegaan en is gekies om in ’n FAK-advertensie te verskyn.

Sy is ook gekies om deel te wees van ’n groep wat aan Speel Toneel, wat op KykNet uitgesaai word.

Speel Toneel is reeds in Junie op KykNet uitgesaai.

Zeldi van Zyl geniet dit om toneel te speel.

Zeldi is ’n geesdriftige hokkie- en netbalspeler en sy neem deel aan ander vorms van kuns ook wat kunsvlyt insluit.

Sy neem sedert Gr. R aan die Eisteddfod-kompetisie in die gedig-, kuns- en monoloogafdelings deel.

Sy het verlede jaar een van die hoofrolle in die skool se revue gespeel en is ook ’n gesoute redenaar.

Landsdiens is ook een van haar belangstellings en sy is gekies om in Desember die nasionale Landsdienskamp by te woon.

Die tweede storie waarvan sy deel is wat later vanjaar op televisie uitgesaai gaan word, word in Augustus opgeneem en Zeldi sien uit na dié nuwe geleentheid.

Sy is ook deel van ’n advertensie wat in Augustus by Gold Reef City verfilm word.

Haar droom is om eendag as sy groot is ’n aktrise te word en in Amerika te woon.

“Ek is bly en dankbaar vir die kans om blootstelling te kan kry en ek geniet dit baie,” het Zeldi gesê.

Sy het ander jong leerders wat dit oorweeg om drama te doen, aangemoedig om vir oudisies te gaan want sy meen dit verander ’n mens se lewe.

Zeldi van Zyl in aksie terwyl die produksiespan ‘n toneel verfilm. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button