NewsSchools

Errie-Redenaars blink uit tydens Artisticulta-redenaars se nasionale ronde

Hoërskool Ermelo se seniorspan, Marni Prinsloo, Francois du Plessis, Amy Greyling en Zara Büchling het ’n tweede plek in Suid-Afrika, in die Senior Afrikaans voorbereide-afdeling, behaal.

Hoërskool Ermelo se redenaars het vandeesmaand op nasionale vlak naamgemaak.

Die Afrikaanse junior- en senior-spanne het albei op die nasionale eindronde van die 2019 Artisticulta-kompetisie tweede in die land geëindig.

Dié kompetisie het op 11 Julie plaasgevind.

Dit was ’n groot eer vir die Errie-leerders om aan dié geleentheid deel te neem en nege van hulle het plekke behaal.

Johnke Prinsloo het in die Engelse voorbereide-afdeling vir graad 8-leerders ’n sesde plek behaal.

Amy Greyling, ’n graad 11-leerder, het in die Afrikaanse voorbereide-Afdeling ’n sesde plek behaal en Cornus van den Berg het ’n vyfde plek in die Afrikaans voorbereide-afdeling vir graad 12 behaal.

Die Erries se juniorspan het landwyd algeheel tweede in die junior Afrikaanse voorbereide-afdeling geëindig.

Die span bestaan uit Johnke Prinsloo, Mienke Cloete, Zanéke Ludick en Zané du Plessis.

Die senior span het in die senior Afrikans voorbereide-afdeling ook tweede in die land gekom.

Dié span bestaan uit Marni Prinsloo, Francois du Plessis, Amy Greyling en Zara Büchling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button