Local newsNews

AfriForum hou opleidingsessie vir buurtwaglede

“Opleiding rus AfriForum-buurtwagstrukture toe met die nodige kennis en stel buurtwaglede en die gemeenskap gerus tydens buurtwagaktiwiteite,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, gesê.

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het op 13 Julie opleiding in verskillende veiligheidsmodules vir verskeie Mpumalanga-buurtwagte aangebied.

Buurtwagte van Piet Retief, Witrivier, Middelburg, Nelspruit, Lydenburg, Machadodorp, Delmas, Argent, Secunda en Standerton het dit bygewoon.

Volgens ‘n persverklaring van AfriForum, sluit die modules wat behandel is regsaspekte, toneelhantering, huis-en-haardbeskerming, asook die bedryf van inligting in.

“Hierdie soort opleiding is uiters belangrik om te verseker dat ons buurtwaglede die regte prosedures tydens kriminele oortredings volg,” het mnr. Llewellynn Hemmens, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir Limpopo, gesê.

“Dit verseker ook dat lede te alle tye binne die raamwerk van die wet optree.”

“Opleiding rus AfriForum-buurtwagstrukture toe met die nodige kennis en stel buurtwaglede en die gemeenskap gerus tydens buurtwagaktiwiteite,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, gesê.

‘n Verteenwoordiger van Loyalty Life het ook tydens die sessie die voordele van AfriForum se buurtwagbeskermerversekeringspolis aan die lede verduidelik.

Die buurtwagbeskermer is ‘n polis wat AfriForum aan al sy buurtwaglede bied en hulle toegang tot ambulanse, helikopters en die EVAC24-beheerkamer gee wat in tye van nood die naaste nooddienste ontbied en jou na die naaste, mees geskikte hospitaal sal neem met gewaarborgde opname.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button