OPVOLG: Pad tussen Standerton en Charl Cilliers is vir verkeer oopgestel nadat brandstoftenkwa aan die brand slaan
Die pad tussen Standerton en Secunda is steeds gesluit.
[22 Julie – 06:00] OPVOLG: Die Secunda-pad is vir verkeer oopgestel.
All Star Towing Services het vanoggend deurgegee dat die pad vanaf Standerton na Secunda gebruik kan word.
Die pad was gister gesluit na die brand. Motoriste is gewaarsku om versigtig te bestuur.
Motoriste is gemaan om versigtig te bestuur.
[21 Julie – 15:00] OPVOLG: Motoriste moet liefs ‘n alternatiewe roete gebruik na Secunda
All Star Towing Services het motoriste aangeraai om die R39 vanaf Standerton na Secunda te gebruik. By die Thuthukani-afdraai, links tot by die kruising. By myn verby. Regs vir Charl Cilliers.
[08:30] Pad tussen Standerton en Charl Cilliers vir verkeer gesluit nadat brandstoftenkwa aan die brand slaan.Die veldbrand is geblus hoewel ‘n nabye gaspyplyn nog brand.
Nooddienste is op die toneel.
Lees die volledige artikel in die Standerton Advertiser.







