Local newsNews

Voerbale en weiding buite Bethal verwoes

’n Weghol veldbrand het op Vrydag 19 Julie verwoesting gesaai. Boere het gepoog om soveel moontlik vlamme te blus. Van die inwoners se troeteldiere is reeds vermis.

BETHAL – ‘n Weghol-veldbrand het Vrydag, 19 Julie paniek gesaai.

Rook en roet het die lug gevul terwyl plaaslike inwoners en boere van die omgewing gespartel het om die veldbrand te blus.

Brandstigting was moontlik die oorsaak van die brand wat toe deur sterk wind aangehits is.

Op Facebook het mense dit duidelik gemaak dat hulle ongelukkig is en foto’s wys waar rook en vlamme selfs vanaf iemand se stoep gesien kan word.

Later wys nog ‘n foto hoe rook dié huis bedek. Noodkrete op WhatsApp-groepe het mense se paniek deur stemboodskappe hoorbaar gemaak.

Foto: San-Marie Cronje

Die bepaalde skade is bykans 1100ha en 550 bale maar tot dusver is geen diervrektes aangemeld nie.

Weens die dorp se waterprobleme was daar nie water sodat inwoners rondom hul huise kon natspuit of help om die vuur te blus nie.

Verskeie huise was ingedrang en troeteldiere is steeds vermis omdat hulle van die gevaar probeer vlug het.

Die pad tussen Bethal en Hendrina was vir ‘n ruk gesluit omdat motoriste so deur digte rook oorweldig was dat sig heeltemal belemmer was.

Mnr. Hennie Bekker het dié foto van die brand vanuit sy voertuig geneem.
’n Houer word hervul sodat hulle weer tussen die lande kan inry om die brand te help blus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button