Local newsNews

Lekwa Brandbestrydingsvereniging hou sake fyn dop op dorp

Statistieke vir Julie is voorts bekendgemaak met 974 hektaar wat in brande verloor is teen ’n koste van R2,4-miljoen.

Lekwa Brandbestrydingsvereniging het op 10 Julie ‘n dagbestuursvergadering by Appledew Gastehuis gehou waar ‘n minuut stilte gehandhaaf is vir lewensverlies tydens ‘n brand in die mistige weer.

Die voorsitter, mnr. Lappies Labuschagne, het die verwelkoming behartig voordat na sake op die sakelys oorgegaan is.

Die belangrikheid van die neem van foto’s wanneer ‘n brand ontstaan wanneer Eskom-kraglyne van toepassing is, is onder die loep geneem wat ‘n eis teen Eskom noemenswaardig beïnvloed.

Aanwesiges is gemaan om nie bale in geboue onder kraglyne te stoor nie, sowel as om nie toerusting van 3m of hoër onder kraglyne te laat beweeg nie.

Statistieke vir Julie is voorts bekendgemaak met 974 hektaar wat in brande verloor is teen ‘n koste van R2,4-miljoen.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) beoog ook om in hul kurrikulum voorsiening vir brandbestrydingsklasse vanaf gr.8 te maak.

‘n Provinsiale polisiekoördineerder, adj.-off. Nortjé, is vir die vereniging aangestel om te help met aanmelding van vure wat deur brandstigting veroorsaak is.

Voorbrande wat gemaak is sonder toestemming en ‘n brandnommer het tot ‘n voorval gelei waar rook in die ventilasiegedeelte van ‘n mynskag ingegaan het, wat ernstige nagevolge het.

Die volgende vergadering sal op 7 Augustus plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button