NewsSchools

EKSLUSIEF AANLYN: Erries se rugbyspan wys hul staal tydens Bokkie-week en Mpumalanga-toernooie

Twee van Hoërskool Ermelo se rugbysterre, Walter Visser en Mitchelson Mkwanazi, was vanaf 1 tot 6 Julie deel van die Cravenweek, se 0/19A-Pumaspan, wat in Bloemfontein by Grey College gaan toer het.

Rugbyseuns van Hoërskool Ermelo het tydens die Junie-vakansie aan die Bokkie-week deelgeneem wat by Naboomspruit plaasgevind het.

Altus Boshoff, Adriaan Davel, Arnau Champaud, Marco Boshoff en Zian Kotze was deel van die 0/14-span, Richard Cloete, GJ Swanepoel en Marius Nel het deel gevorm van die 0/16-span en Johan Nel, Dian Ferreira, Baruch Büchling, Luke Bulford, Cornus van den Berg, Robbie Brown, Justin McLaren en Jacques Erlank het vir die 0/18-span uitgedraf.

Dian Ferreira en Johan Nel is as man van die wedstryd aangekondig en Jacques Erlank is gekies vir die Suid-Afrikaanse-bokkiespan.

CJ van Huyssteen speel vanaf 25 tot 29 Junie vir die 0/15A-Pumaspan in Vanderbijlpark. Dié span het al drie hul wedstryde gewen en is as die wenners van die toernooi aangekondig.

Tiaan Grobler en Diederik van der Walt het saam met die 0/15B-Pumaspan vanaf 24 tot 29 Junie na Vanderbijlpark getoer.

Die Grant Khomo-span se 0/16A-Pumaspan, het vanaf 23 tot 28 Julie na Witrivier getoer en Corné Jansen van Rensburg was deel van die span.

Hulle het twee van die drie wedstryde gewen en Jansen van Rensburg is as man van die wedstryd tydens die wedstryd teen die Griekwas aangewys.

Twee van Hoërskool Ermelo se rugbysterre, Walter Visser en Mitchelson Mkwanazi, was vanaf 1 tot 6 Julie deel van die Cravenweek se 0/19A-Pumaspan wat in Bloemfontein by Grey College gaan toer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button